Skip to content
zeno
Create a Station
Explore
Religious
Music
News
Podcasts
Bible
By Genre
By Location
By Language
Download App
Opens in a new window
Toggle Sidebar
zeno
RSG
Monitor
News
Afrikaans
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Website
Episodes
Episodes
300
31 July 2026
Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors
31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees.
45 min
30 July 2026
Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik
30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March and March sy doel bereik het.
47 min
29 July 2026
Monitor: Planne om invoere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word
29 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader weer vandag om sy voorbereidende werk af te handel. Action SA dien 'n wetsontwerp in om professionele steunwerwing te reguleer. Nuwe handelsregulasies om invoere te verbied van handelsvennote waar dwang- en kinderarbeid voorkom, gaan in Staatskoerant gepubliseer word.
46 min
28 July 2026
Monitor: Klagtes teen hoof van misdaadintelligensie teruggetrek
28 Julie 2026: Reaksie op die Vervolgingsgesag se besluit om strafregtelike klagtes teen die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, terug te trek. Die MRK bevind dat rioolaanlegte in Oos-Kaapse metro's nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Die aanlynaansoekproses vir die plasing van leerlinge in Gautengse skole begin in Augusttus.
46 min
27 July 2026
Monitor: Rekord aantal partye geregistreer vir verkiesing
27 Julie 2026: 'n Rekord 526 partye het reeds vir die komende munisipale verkiesing geregistreer. Met 'n 100 dae oor tot die verkiesing, praat ons met die OVK oor die vordering en uitdagings. Die land se mees senior ondersoekende en vervolgingsbeampte na korrupsie vra toestemming om te bedank. 'n Burgerregtegroep waarsku oor vertragings in hofsake.
49 min
24 July 2026
Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat?
24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.
47 min
23 July 2026
Monitor: Meer as 70% van verbruikers ervaar finansiële stres oor hulle geldsake
23 Julie 2026: Sommige parlementslede van die afsettingskomitee wil hê president Cyril Ramaphosa moet in persoon getuig. Nóg 'n repokoersverhoging blyk onafwendbaar te wees, nadat inflasie die hoogte in skiet. Finansiële stres onder jong mense is aan die toeneem.
48 min
22 July 2026
Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed
22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie wetstoepassingsagentskappe voer klopjagte in die Noord-Kaap uit om handelaars van onveilige en onwettige...
47 min
21 July 2026
Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede
21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.
49 min
20 July 2026
Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom
20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
50 min